USS Ticonderoga (CV-14)

USS Ticonderoga (CV-14)
Vliegdekskip
Vaartuig klasTiconderoga-class aircraft carrier, Essex-klas vliegdekskepeWysig
Kort naamTiconderogaWysig
KonflikTweede WêreldoorlogWysig
Vernoem naBattle of TiconderogaWysig
OperateurAmerikaanse VlootWysig
VervaardigerNewport News ShipbuildingWysig
Ligging van vervaardigingNewport NewsWysig
Openingsdatum7 Februarie 1944Wysig
VlagstaatVerenigde StateWysig
Teken nommerCV-14Wysig

Die USS Ticonderoga (CV/CVA/CVS-14) is een van 24 Essex-klas vliegdekskepe wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog vir die Amerikaanse Vloot gebou is. Dit is die vierde skip van die Vloot wat die naam gedra het; dit is vernoem na die Slag van Fort Ticonderoga - wat bekend geraak het tydens die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog.

Die Ticonderoga is in Mei 1944 in diens gestel en het aan verskeie offensiewe in die Stille Oseaan deelgeneem. Daar is vyf Battle Stars aan die skip toegeken. Die Ticonderoga was uit diens onttrek kort na die afloop van die oorlog. Dit was later gemoderniseer en weer in diens gestel in die vroeë 1950's as 'n aanvalsvliegdekskip (CVA) en weer later as 'n teenduikbootvliegdekskip (CVS) herklassifiseer. Dit is te laat in diens gestel om aan die Koreaanse oorlog deel te kon neem maar was baie aktief tydens die Viëtnam-oorlog waarna drie Navy Unit Commendations, een Meritorious Unit Commendation en twaalf Battle Stars aan die skip toegeken is.

Die Ticonderoga het ietwat verskil van die vroeë Essex-klas skepe; dit was 4,9 m langer as die vorige skepe om voorsiening te maak vir lugafweerkanonne op die boeg. Die meeste Essex-klas skepe wat hierna afgelewer is, is volgens hierdie langromp-ontwerp gebou. Daar is soms na die skepe verwys as die Ticonderoga-subklas.[1] Na afloop van die skip se loopbaan, en na vele modifikasies, is daar in die Vlootvaartuigregister na die skip verwys as 'n Hancock-klas.[2]

Die skip is vir die laaste keer uit diens onttrek in 1973 en as skroot verkoop in 1975.

  1. St. John, Philip (1999). USS Essex (CV/CVA/CVS-9). Nashville, TN: Turner Publishing Company. p. 10. ISBN 1-56311-492-5. The long hulled ships were often referred to as "Ticonderoga class" ships
  2. "Ticonderoga (CVS 14) (ex-CVA 14) ASW Support Aircraft Carrier". Naval Vessel Register. 28 Desember 2001. Besoek op 20 Maart 2015. Class: CVS 19 (Which was USS Hancock)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search